Die dirigente van die Laerskool Postmasburg se blou span het vroeg in Februarie verseker dat “wet en orde” by die skool se kleur­atletiekbyeenkoms gehandhaaf word. Van links is, voor: Resegofetso Gabanelwe, Mishaan Erasmus, Milan Fouché, Avril Majubedu en Retief Malan

Sedert die inwerkingtreding van die Suid-Afrikaanse Wet op die Beskerming van Per­soonlike Inligting (Popi) op 1 Julie 2021 is skole onseker of leerlinge se prestasies met die media gedeel mag word.

Ouers moet onder meer vorms by die skool invul en onderteken om toestemming te gee dat ’n kind se naam, van, prestasies en foto byvoorbeeld op die skool se Facebook-blad mag verskyn. Dit impliseer toestemming tot die openbare domein, wat gedrukte koerante insluit.

Skole in die 23 dorpe waarin NoordkaapBulletin versprei word, is dus welkom om nuus na helena.barnard@­media24.com te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.