Die begin van enige skooljaar word met atletiek vereenselwig, en op Vrydag 9 Februarie het geesdriftige atlete van sewe laerskole in die De Beers-stadion in Kimberley aan ’n sone-byeenkoms deelgeneem.
Dié sone-byeenkoms is deur die Laerskool Groenpunt aangebied, en atlete van Groenpunt, Homevale, Montshiwa, Molehabangwe, Newton, Sol Plaatje en Vooruitsig het deelgeneem.
Leerlinge wat eerste, tweede en derde in hul onderskeie baan- of veldnommers was, het kwalifiseer om aan die Kimberley-byeenkoms op Vrydag 23 Februarie deel te neem.
Diegene wat op dié byeenkoms kwalifiseer, dring deur na die Frances Baard-distriksbyeenkoms.
- Skole in NoordkaapBulletin se verspreidingsgebied is welkom om nuus van leerlinge wat op enige gebied presteer, hetsy akademie, kultuur, sport of buitemuurse aktiwiteite, aan die koerant te stuur vir publikasie in hetsy die gedrukte weergawe, op Facebook of op die koerant se webblaaie op Netwerk24 en News24.
- Stuur inligting en foto’s met name en vanne na helena.barnard@media24.com.


