Al die rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld het as wenners van die veld gestap tydens die eerste kragmetings van vanjaar se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.
Verskeie rugby-, netbal-, hokkie- en tennisspanne van Diamantveld, as die enigste deelnemende skool vanuit die Noord-Kaap, het op 15 Maart in Kimberley kragte gemeet teen spanne van die Hoërskool Witteberg van Bethlehem.
Diamantveld se eerste rugbyspan het met 51 – 21 gewen, met Jonathan Harding wat vyf drieë gedruk het.
Die eerste netbalspan het met 38 – 28 gewen.
Diamantveld se eerste seunshokkiespan het met 2 – 2 gelykop in ‘n naelbytstryd gespeel, terwyl die mei-sies se eerste hokkiespan met die kous oor die kop huis toe gestuur is met ‘n telling van 1 – 9.
Die seuns se eerste tennisspan het met 12 – 0 gewen, en die meisiesspan het met 4 – 8 verloor.

Verdere uitslae is soos volg, met Diamantveld se telling telkens eerste:
■ Rugby: o.19B: 56 – 29; o.19C: 59 – 12; o.19D: 48 – 31; o.16A: 66 – 0; o.16B: 29 – 14; o.15A: 49 – 0; o.15B: 34 – 12: o.15C: 27 – 10; o.14A: 34 – 11; en o.14B: 36 – 3;
■ Netbal: o.19B: 17 – 19; o.19C: 5 – 14; o.19D: 5 – 21; o.17A teen Witteberg o.19B: 19 – 19; o.16A: 37 – 18; o.16B: 21 – 16; o.15A: 24 – 18; o.15B: 5 – 22; o.15C: 6 – 6; o.15D: 4 – 5; o.14A: 27 – 18; o.14B: 23 – 8; o.14C: 25 – 2; en o.14D: 0 – 8.
■ Hokkie: o.16A (seuns): 4 – 0; o19B (meisies): 0 – 10; en o.16A: 0 – 4.
■ Tennis: tweede span (seuns): 10 -3; derde span (seuns): 12 – 0; terwyl die tweede span (meisies) met 2 – 10 verloor het.
Op 22 Maart ontmoet die spanne van Diamantveld en die Goudveld-Hoërskool van Welkom mekaar in dié Vrystaatste stad.



