Skole in Kalahari dankbaar vir steun

Met gr. 7- en gr. 12-leerlinge wat vandeesweek weer agter hul skoolbanke ingeskuif het, het AfriForum hulppakke aan verskeie skole geskenk om leerlinge en personeel teen Covid-19 te beskerm.


AfriForum

Lede van AfriForum se Upington-tak het hulppakke by die Laerskool Oranje-Noord afgelewer. Van links is Werner Strauss (distrikskoördineerder), Gerhard Els, JP Brandsen, Hildemarie Vollgraaff, Natasha Barnard, Sias van Rooyen (skoolhoof) en Erica Strauss (takvoorsitter). Foto: Verskaf

Met gr. 7- en gr. 12-leerlinge wat vandeesweek weer agter hul skoolbanke ingeskuif het, het AfriForum hulppakke aan verskeie skole geskenk om leerlinge en personeel teen Covid-19 te beskerm.

Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, sê AfriForum het baie versoeke van skole ontvang omdat die departement van onderwys se bystand glo onvoldoende was.

“Hulppakke is aan verskeie skole in die Kalahari-distrik oorhandig om te verseker dat leerlinge en personeel veilig na skole kan terugkeer,” sê hy.

Enkele dae voor die heropening van skole in die Noord-Kaap het die Laerskool Oranje-Noord, Primêre Skool Op die Voorpos, Springbok Christian Academy en die Laerskool Springbok hul pakke ontvang.

Die pakke bestaan uit Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, hand­reiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pak beloop R6 500.

Die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum se gemeenskapstrukture en AfriForum Jeug begin is, het honderde hulppakke aan skole oor die land heen gestuur.

Volgens Strauss wil AfriForum graag nóg skole met hierdie projek bystaan.

Hy moedig mense aan om by projekte soos dié betrokke te raak.

AfriForum

Hermien Prinsloo van die Springbok Christian Academy ontvang die skool se hulp­pakke van Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.