SCHALK VAN BLERK (links) en Abrie van Niekerk. Hulle het die ouerskietkompetisie gewen.
Foto:
Verskaf

DIE eerste liga-skoleskietkompetsie is in Maart deur die Laerskool Oranje-Noord en die Hoërskool Duineveld aangebied.

In die o.21-veergeweerstaanposisie-afdeling het Paul van Zyl van die Hoërskool Upington ’n goue medalje gewen en Magdaleen du Preez van die Hoërskool Kuruman ’n silwermedalje. In die o.21-veergeweerdrieposisie-afdeling het Magdaleen ’n goue medalje gewen en Paul ’n bronsmedalje.

In die o.14-sportergeweer-staanposisie-afdeling het Francois du Plessis van die Hoërskool Upington ’n goue medalje gewen en AJ van Niekerk van Oranje-Noord ’n bronsmedalje.

In die o.14-sportergeweer drie-posisie-afdeling het Francois ’n goue medalje gewen en Juan Steenkamp van die Hoërskool Upington ’n bronsmedalje.

In die o.16-sportergeweer-staanposisie-afdeling het Elné du Toit van die Hoërskool Upington ’n goue medalje gewen en Willem Coetzee van die Hoërskool Hotazel ’n bronsmedalje.

In die o.16-sportergeweer-drie-posisie-afdeling het Elné ’n goue medalje gewen.

In die o.21-sportergeweer-staanposisie-afdeling het Johan Lubbe van die CVO Kalahari ’n bronsmedalje gewen. In die o.21- sportergeweer-drie-posisie-afdeling het Johan ’n goue medalje gewen.

’n Kompetisie is ook vir die ouers aangebied. Schalk van Blerk het die veergeweerafdeling gewen en Abrie van Niekerk het die sportergeweerafdeling gewen

You need to be Logged In to leave a comment.