Skole dis fees van rugby op

Die Hoërskool Kalahari se o.15-rugbyspan het die naweek (07/09) die sewesrugby­toernooi op die Kalas-kuierfees gewen.


Die Hoërskool Kalahari se o.15-rugbyspan het die naweek (07/09) die sewesrugby­toernooi op die Kalas-kuierfees gewen.

Die span het sy twee groepwedstryde, asook die halfeindstryd, gewen. Die span teen wie hy in die eindstryd te staan sou kom, het hom onttrek.

Die uitslae is soos volg:

  • wen met 14 – 12 teen Curro;
  • wen met 28 – 7 teen Daniëlskuil;
  • wen met 28 – 12 teen Kathu in die halfeindstryd; en
  • wen die toernooi vanweë hul teenstanders wat onttrek.

Die o.17-rugbyspan het teen Curro Kathu se o.17-span gespeel en met 21 – 5 gewen.

In die o.17’s se tweede wedstryd het hulle met 7 – 25 teen die Hoërskool Daniëlskuil vasgeval.

Kalahari se o.17’s het in die eindstryd weer teen Curro Kathu gespeel en is met 14 – 28 geklop.

You need to be Logged In to leave a comment.