AfriForum se Springbok-tak het vitamien-aanvullings aan die Namakwaland-tehuis vir bejaardes geskenk. Van links is Maria Arnold (verpleegster), Sarel Stone (AfriForum) en Ronel Whiting (tehuisbestuurder). Foto: Verskaf


AfriForum se Springbok-tak het die week van 18 Mei twee maande se vitamien-aanvullings aan die Namakwaland-tehuis vir bejaardes geskenk.

AfriForum

AfriForum se Springbok-tak het vitamien-aanvullings aan die Namakwaland-tehuis vir bejaardes geskenk. Van links is Maria Arnold (verpleegster), Sarel Stone (AfriForum) en Ronel Whiting (tehuisbestuurder). Foto: Verskaf

Dit kom nadat AfriForum in ander dele van die land sitrus­vrugte en ander vars produkte met ’n hoë vitamien C-inhoud aan inwoners van tehuise vir bejaardes en aftreeoorde geskenk het om hul immuunstelsel ’n hupstoot te gee.

Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, sê omdat bejaardes kwesbaar is vir Covid-19, is dit belangrik om te verseker dat hul immuunstelsel sterk is.

“Vars vrugte is nie altyd geredelik in die Noord-Kaap beskikbaar nie en daarom het ons besluit om eerder vitamien-aanvullings pleks van vars vrugte te skenk,” sê hy.

Die tak het ook kospakkies aan 46 behoeftige gesinne in die dorp geskenk.

Strauss moedig die publiek aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak. Hy meen dit bied noodsaaklike ondersteuning aan gemeenskappe in die Noord-Kaap wat deur die jarelange droogte geknou is.

You need to be Logged In to leave a comment.