Die winter is vir talle minderbevoorregte inwoners van Upington meer draaglik danksy die hulp van die Gordonia Lions-klub.
Dié nie-winsgewende organisasie het onlangs warm klere en komberse aan die Gospel Outreach-bediening oorhandig.
Volgens Deon van den Berg, president van die Gordonia Lions-klub, bestaan Lions International uit mense wat omgee en ander se lewe wil verander.
Hy sê om ’n Lion te wees, gaan oor voorbeelde, verhoudings bou en om die wêreld deur vriendelikheid en welwillendheid te verbeter.
Bel Van den Berg by 082-574-4489 vir meer inligting.