Minder as 1% van Suid-Afrikaners is aktiewe bloedskenkers.

Elke eenheid bloed kan ’n minimum van drie mense se lewe red.

Die SANBS streef daarna om elke dag 3 000 eenhede te ontvang vir die daaglikse behoefte.

Besoek takke van die nasionale bloeddiens in die Noord-Kaap hier:

  • Kimberley – Du Toitspanweg 169 (skakel 051-400-6860);
  • Kathu – die Pegasus-gebou in Rietbokstraat (053-723-1641); en
  • Upington – die sentrum op die hoek van Nelson Mandelalaan en Bassonstraat (051-400-6842).

Mobiele klinieke word gereeld opgerig. Skakel 051-400-6860 om uit te vind wanneer ’n mobiele kliniek ’n ander dorp besoek en by ’n winkelsentrum sal wees.

Skakel 0800-119-031 of besoek sanbs.org.za vir inligting oor hoe om ’n skenker te word.

You need to be Logged In to leave a comment.