SEWE leerlinge van die Hoërskool Duineveld het gedurende die vakansie aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap in Kaapstad deelgeneem.
Declon Pretorius, Justin Ferris, William Nel, Lyle Maasdorp, Willemien Bester, Roelof van der Merwe en Willers Venter het die geleentheid gehad om hul vernuf by die toernooi, wat een van die grootstes ter wêreld is en waaraan sowat 2 558 spelers deelneem, te wys. Die leerlinge het hul goed van hul taak gekwyt.
Roelof van der Merwe het ses uit sewe wedstryde gewen en al die leerlinge het die provinsie se A-spanne verteenwoordig.


