Ses volwassenes en ‘n kind is dood nadat twee voertuie op die N12 naby Riverton – tussen Kimberley en Warrenton – gebots het. Albei voertuie het ná die botsing, op Saterdag 13 Desember omstreeks 11:00, aan die brand geslaan.
Die voertuie betrokke in dié botsing reg van voor was ‘n Toyota Urban Cruiser en ‘n Toyota Hilux wat ‘n wa gesleep het.
Enigeen met inligting oor dié voorval word gevra om die polisie in Windsorton by 071 472 3636 te skakel, of vir kaptein Kopang by 082 498 9143 of die speurders in Windsorton by 082 469 5715.
- In ‘n onverwante voorval is ‘n vragmotorbestuurder oorlede ná ‘n botsing op die berugte R31-pad tussen Delportshoop en Koopmansfontein waarin drie vragmotors wat ystererts vervoer, betrokke was.

Die botsing het op Vrydag 12 Desember tussen 11:00 en 12:00 in reëntoestande plaasgevind.
Adjudant-offisier Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, sê ‘n 68-jarige vragmotorbestuurder is op die toneel dood. Die ander twee vragmotorbestuurders het geringe tot matige beserings opgedoen.
Enige persoon wat meer inligting oor die voorval kan verskaf, word versoek om die speurders in Delportshoop by 082 448 4850 te skakel.
LEES OOK: One killed, 20 injured in accident op notorious R31 road
Shemane sê in albei voorvalle word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.
Diegene met meer inligting oor die voorvalle kan ook die polisie se Stopmisdaad-nommer by 08600 10111 skakel of van die MySAPS App gebruik maak.
LEES OOK: Another accident op R31 road injures 13 people
LEES OOK: Community mourns loss of inspirational artist Junior King





You must be logged in to post a comment.