Seun veelsydig op sportveld

Stephan Ludik (12), ’n kranige sportman aan Curro Kathu, se talente ken geen einde nie.


Stephan Ludik

Stephan Ludik laat die water spat. Foto: Verskaf

Stephan Ludik (12), ’n kranige sportman aan Curro Kathu, se talente ken geen einde nie.

Hy blink uit in tennis, krieket, landloop, rugby en tweekamp. Hy spog met talle eerbewyse, medaljes en trofeë.

Sommer vroeg die jaar is hy reeds vir die Noord-Vrystaatse tennisspan gekies en behaal die vyfde plek in die provinsie.

Stephan Ludik

Stephan Ludik skitter op die tennisbaan. Foto: Verskaf

Hy sê hy wou vanjaar die sportveld op horings neem, maar weens die Covid-19-pandemie beoog hy om in 2021 onder die drie toptennisspelers in die Noord-Kaap in sy ouderdomsgroep te eindig.

Die rugby-gogga het hom reeds op ’n jong ouderdom gebyt en hy het onderskeidelik as graad eentjie en gr. 2-leerling Curro Kathu se trofee vir die belowendste rugbyspeler ontvang.

Stephan is ’n regte skerpskutter met 85% akkuraatheid met sy doelskoppe.

As gr. 3-leerling is hy as sy skool se grondslagfase sportster aangewys.

Stephan Ludik

Stephan Ludik is ’n skerpskutter met 85% akkuraatheid met sy doelskoppe. Foto: Erena Oberholzer

Stephan sê hy wil vanjaar sy laerskoolloopbaan op ’n hoë noot eindig deur met die toekennings vir die belowendste rugbyspeler en die intermediêre fase se veelsydigste sportman weg te stap.

Hy het ’n groot liefde en passie vir sport en daarom neem hy deel aan ’n groot verskeidenheid van sportsoorte, sê Stephan.

Hy het verlede jaar erekleure vir tennis, ’n merietetoekenning vir landloop, half-erekleure vir tweekamp en half-erekleure vir rugby ontvang.

Hy blink ook uit in landloop en tweekamp, en is die afgelope twee jaar tot die Inter Pro provinsiale skolespan en Atletiek Griekwaland-Wes (AGW) se span vir die twee sportsoorte verkies.

Stephan Ludik

Stephan Ludik blink uit in landloop. Foto: Verskaf

Sy gunsteling stokperdjie is om saam met sy pa muurbal te speel.

Hy sê hy is baie lief vir jag en om met sy motorfiets te ry. Stephan het op ’n stadium ook sokker gespeel, maar dit het begin bots met ander sportsoorte. Hy hoop om dit wel later weer te beoefen. Dan is hy boonop ’n slimkop ook en vaar uitstekend in sy skoolwerk.

Verlede jaar het hy op die Northern Cape Science Fair ’n bronsmedalje in die afdeling Building Robots ontvang.

In 2018 het hy ’n goue medalje op die Wetenskapekspo in die afdeling Lego Brugbou gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.