’n Negejarige seun van Dorset in Engeland het in Oktober die parkrun-wêreldrekord in sy ouderdomsgroep verbeter deur die 5 km-afstand in 17:40 kaf te draf.

Dit is 13 sekondes vinniger as die vorige rekord wat ses jaar gelede in Kalifornië behaal is.

Die drafklub waaraan Louis Robinett behoort, sê sy rekord stel ’n nuwe maatstaf vir jeugsport en sal dien as inspirasie vir kinders oor die wêreld heen.

Louis is deur ’n senior spanmaat begelei.

Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.