Media24 Sentrale Streek bring met trots Buti Yoga, ’n eerste vir Suid-Afrika, na sy lesers.

Met baie van ons wat met ons in­perkingslywe sukkel, is hierdie nuwe neiging ideaal om daardie ekstra rolletjies af te skud.

Media24 Sentrale Streek sal elke Saterdag in Julie om 08:30 ’n aanlyn Buti Yoga-oefensessie beskikbaar stel.

Die sessies sal deur Suid-Afrika se Buti Yoga-pioniers, Wendy van der West­huizen en Cindy Greyling, aangebied word.

Elke week sal daar saam met die regstreekse sessie ook ’n vooraf opgeneemde oefenvideo beskikbaar wees wat jy die res van die week kan gebruik.

Deelnemers sal ook die geleentheid hê om vrae oor die nuwe oefenroetine aan die twee aanbieders te stel.

Buti Yoga is dinamiese asana- (liggaams­postuur) oefening wat met oerbeweging, tradisionele stamdanse en ’n goeie skoot kardio-intensiewe oefeninge gekombineer word.

Een van die skudbewegings in Buti Yoga is spesifiek daarop gemik om trauma in die liggaam af te skud.

Klasse is ontwerp om almal te help om liggaamsvertroue te ontwikkel.

Dit help jou om “verlief” te raak op jou oefensessies deur emosionele en fisieke hindernisse te oorkom en jou liggaam te transformeer.

Buti is ’n Indies-Marokkaanse woord wat “genesing vir iets wat weggesteek of geheim gehou word”, beteken.

Buti Yoga bied ’n fisiek veeleisende sweet­sessie.

Tog is dit toeganklik vir mense met alle vlakke van fiksheid.

Net soos in gewone jogaklasse, sal jy begin op jou vlak van fiksheid en teen jou eie tempo groei.

Om aan die Sweat Gear Buti Yoga-oefen­sessies deel te neem, kos R50 per week of R160 vir vier weke.

Kaartjies is aanlyn by Quicket beskikbaar.

Sodra jy jou kaartjie gekoop het, sal jy ’n skakel na die oefensessie ontvang.

Die Sweat Gear Buti Yoga-oefenreeks sal tot 25 Julie aangebied word.

  • Jy kan jou kaartjie by quicket.co.za/­organisers/27046-central24/ koop.

You need to be Logged In to leave a comment.