Inskrywings van vroue wat nie verloof of getroud is nie, word ingewag vir die tweede reeks van die werklikheidsprogram Houvrou of Trouvrou.
In hierdie VIA-program ding agt vroue teen mekaar mee in die vorm van verskeie uitdagings om die vraag te beantwoord oor hoe die moderne trouvrou lyk.
Die wenprys is nie ’n trouman nie, maar R300 000 kontant en ander pryse.
In die eerste reeks moes deelnemers onder druk funksioneer, verhoudings tussen mekaar handhaaf en uitdagende situasies aanpak.
Dit is as ’n tuimeltreinrit beskryf, gevul met emosies, humor en uitdagings waarin die deelnemers voortdurend uit hul gemaksone gelig is.
In die uitdagings waaraan hulle blootgestel is, word die deugde uniek aan die moderne vrou getoets.
Vir meer inligting, of om in te skryf, stuur ’n WhatsApp-boodskap na 064-521-8157 of ’n e-pos na inskrywings@via.co.za en vertel daarin waarom jy trouvrou-materiaal is.
Inskrywings sluit 2 Mei.


