Noord-Kapenaars word gewaarsku oor ’n toename in motorkapings en roof wat met saamrygeleent­hede saamval.

In ’n verklaring sê die Valke se provinsiale hoof, genl. maj. Steven Mabuela, dat mense bedag moet wees wanneer hulle rylopers oplaai; terwyl rylopers ook versigtig moet wees.

In van die gevalle is die ryloper die misdadiger wat die voertuig­bestuurder met ’n vuur­wapen beroof of dwing om by ’n kitsbank geld te trek of deur ’n selfoon-app oor te plaas. Soms word die voertuig gesteel. In ander gevalle beroof die een wat ’n saamry­geleent­heid bied die ryloper.

Gevalle is onder meer in Hartswater en Kuruman aangemeld.

You need to be Logged In to leave a comment.