JJ Potgieter van Carolina in Mpumalanga is die wenner van die eerste Berg Bul-rodeo wat vroeër in April naby Schmidtsdrift aangebied is.

Foto: Facebook/Berg Bul Rodeo Credit: SYSTEM

Die eerste Berg Bul-rodeo was suksesvol, met goeie ondersteuning deur die publiek ongeag reënerige weersomstandighede.

JJ Potgieter van Carolina in Mpumalanga was die wenner, met Riaan Potgieter, ook van Carolina, in die tweede plek. Renaldo Pringle van Rayton in Gauteng was derde. In die vroue-afdeling was Chani Beukes van Sinoville, Gauteng, die wenner.

Die rodeo het op 9 April op Lyfontein in die Schmidtsdrift-omgewing buite Kimberley plaasgevind. Jana Shaw, organiseerder, sê haar hoof­doel is om liefde vir rodeo te kweek onder wetgewing van SA Rodeo.

“Ons is baie lief vir ons diere, en het respek vir hulle,” sê sy.

’n Berg Bul-rodeo vir 2023 word beplan.

You need to be Logged In to leave a comment.