Die takbestuurder van Konica Minolta in Kimberley, Gerhard “Skillie” Krüger, en sy vrou, Christa, is glo ongedeerd maar erg geskok ná ’n voorval waartydens vier gewapende rowers glo Woensdagoggend (07/11) in die vroeë oggendure by hul huis in Kekewichrylaan ingebreek en hulle beroof het. Die voorval het glo omstreeks 05:30 vanoggend plaasgevind. Volgens Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die die verdagtes glo op die vlug geslaan met selfone, ’n skootrekenaars en juwele. Hulle het glo vir Krüger en sy vrou vasgebind. Die polisie het Woensdag die misdaadtoneel afgesper. Volgens Kock is die polisie nog opsoek na die verdagtes.

You need to be Logged In to leave a comment.