Van die riool wat op oop areas in en om Groblershoop gestort word.

Foto: Verskaf

Druk word op die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington uitgeoefen vir die dringende herstrukturering van die riooleenheid.

Groot rioollekkasies bedreig voortdurend die gehalte van die kanaal- en rivierwater, asook die gesondheid van inwoners, en maak die lewe in die dorp ondraaglik, sê Flip van der Steen, DA-raadslid.

Die instandhouding van die rioolstelsel het platgeval sedert die ontbinding van die rioolspan sowat ’n dekade gelede, meen hy.

Die munisipaliteit volg glo ’n ondoeltreffende en ad hoc-benadering om net werk aan die stelsel te doen wanneer daar verstoppings is.

Die DA se talle versoeke oor die jare om ’n instandhouding­span te hervestig, is wyd aanvaar, maar nie ingestel nie.

Intussen bestaan ’n “lywige”, maar ondoeltreffende, riooleenheid.

  • In Groblershoop kom rou riool al hoe meer in die veld in en om die dorp voor omdat die !Kheis-munisipaliteit glo riool daar stort.

Werner Strauss, AfriForum distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê munisipale werkers het aan die organisasie erken dat hulle aangesê is om só van hierdie riool ontslae te raak.

“Die infrastruktuur wat riool na die rioolaanleg pomp, is selde in ’n werkende toestand omdat dit gebuk gaan onder die aanslag van vandale,” sê Strauss.

“Dienslewering in die dorp is uiters swak en AfriForum eis dringend optrede van die munisipaliteit.”

G

Riool word die plaaslike munisipaliteit van Groblershoop gestort.

You need to be Logged In to leave a comment.