Die bestuurder van dié voertuig het Vrydag (11/02) beheer oor die voertuig verloor nadat hy glo ’n slaggat (inlas) op die R31-pad tussen Kimberley en Daniëlskuil getref het, of daarvoor uitgeswaai het.

Foto: Hennie Noëth

Skaars 400 m van die plek waar Eric Seane (29) twee weke gelede in ’n motorongeluk dood is, het nog ’n voertuig die pad verlaat en omgeslaan nadat dit glo ’n slaggat getref of daarvoor uitgeswaai het.

Dié ongeluk het Vrydag (11/03) omstreeks 17:00 op die R31-pad tussen Kimberley en Daniëlskuil, net verby Koopmansfontein, gebeur. Albei insittendes is in die hospitaal opgeneem.

’n Senior personeellid van die maatskappy wie se werknemers in die ongeluk was, sê een slagoffer is nog in die hospitaal met ernstige beserings. Die ander is Saterdagoggend ontslaan.

“Die pad is sleg, met baie slaggate,” sê hy.

“Benewens die feit dat groot dele daarvan baie smal is, is die padskouers hoog of uitgery.”

Wanneer dit reën, is die slaggate vol water, wat dit onsigbaar en meer gevaarlik maak.

Hy sê die maatskappy ondersoek die saak, maar alles dui glo daarop dat die ongeluk deur ’n slaggat veroorsaak is.

Hewige reaksie ontlok

Seane en ’n kollega was op 3 Februarie na die Kuruman-omgewing onderweg om die week se Noordkaap­Bulletin af te lewer toe die voertuig wat Seane bestuur het, omgeslaan het.

Dit is nie seker of Seane vir die slaggat uitgeswaai het of die voertuig die slaggat getref het nie.

Sedert die berig oor sy dood en die toestand van die roete op NoordkaapBulletin se Facebook-blad geplaas is, het duisende lesers dit gelees, met meer as 100 wat kommentaar gelewer het. Van die kommentaar (onveranderd) is:

  • Venter Combrink: “daar is nog ’n persoon dood op die pad laasweek. Die trokke ry oor die middelstreep om kantbreek gate te vermy wat jou met kleiner voertuig in groot gevaar stel. Ek ry nou eerder grondpad Griekwastad oor na Kimberley.”
  • Carla-Marie de Kock: “That road is bad – I had a tyre burst on Monday morning and was stranded with no network.” By navraag het sy vertel dat sy die pad weekliks gebruik. “On Friday there were a few vehicles that hit that horrible pothole in the middle of the road,” sê sy.
  • Elize Erasmus Struwig: “Ek bly in Danielskuil, mense die R31 is ’n rillerpad ons vermy daai pad heeltemal ry eerder grondpad.”
  • James Henry Rudman: “Myself early October 21…narrowly escaped with my life…same spot.” By navraag het hy vertel dat hy op daardie draai, terwyl hy ’n karavaan gesleep het, vir ’n vragmotor moes uitswaai om ’n botsing te vermy omdat die kant van die pad so uitgery is.
  • Marie Crafford: “Ek het ook daar ’n band af geskryf as gevolg van ’n groot gat in die pad en het amper met my kinders verongeluk.”
  • Golebilemang Mogorosi: “I passed there on …Sunday …that road is bad …its a killer road you cannot overtake as di pad looks like a ..tand wat vrot is.”
  • Thomas Dreyer: “Daai pad is vrot en daai slaggate is diep en dan het jy nog die vragmotors op daai pad en as dit nog reën het jy nog groter sports.”
  • Dawn Theys: “Ons het nou die ane dag die doods pad gery. Ja nee dit was scarry…… Die trokke ry ook uit om die slaggate te dodge.”
  • Emmanuel Phillies: “All the Motorists must jointly open up a case against the state. Your vehicle must be roadworthy at all times, but are the roads vehicle worthy.”
  • Richard Valla: “om dai pad te ry maak my bang. Die gatte is groot en sit drivers aan beide kante in gevaar.”
  • Susan Bruwer du Plessis: “Eintlik moet die Noorkaap regering aangekla word van manslag, vir almal wat sterf op ons paaie as gevolg van die pad se toestand twee trokke kan nie een by mekaar verby op daardie stuk pad as een nie half van die pad afgaan! die trokke betaal ook al die belastings, die paaie moet instand gehou word en breër gemaak word.”
  • Colleen Kolle Ludwick Vermeulen: “Ek en my skoondogter ook al daar gery en moes vd pad afry. Eenkant van die wiel op pad en ander op grond oor di gate in die pad.”
  • Marlene van der Walt: “Was self al paar keer in ongeluk oor trokke wat binne toe swaai want pad se rante is weg op party plekke amper die volle baan al binne toe gery!”
  • Victor De Abreu: “Dai pad is al so din dit lyk soos n one way.”
  • Farouk Shaikhnag: “R31 is niks lekker nie. Die trok bestuurders moet ook leer om nie na aan mekaar te ry nie. Dis n nagmerrie om op die R31 te ry. Die pad is te nou en dit moet wyd gemaak word.”
  • Frank Titus: “volgende ongeluk wag by dai riool tussen Kby en Barkley”, waarop Ray Ray Pisane antwoord: “that one is guaranteed. Wait for the moment that road caves in.”
  • Teen druktyd het die Noord-Kaapse departement van vervoer, veiligheid en skakeling nog nie die ongelukstatistieke vir die roete verskaf nie.

Dié slaggat op die R31-pad naby Koopmansfontein het glo Vrydag (11/02) daartoe gelei dat nog ’n bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het nadat die voertuig daardeur gery het, of die bestuurder moes uitswaai om dit mis te ry. Die voertuig het die pad verlaat, gerol en die bestuurder is ernstig beseer. Dit is ongeveer 400 m van die plek waar Eric Seane (29) op 3 Februarie oorlede is.

You need to be Logged In to leave a comment.