Reuse van klubrugby sal aarde laat dreun

Reuse van klubrugby sal aarde laat dreun


Van die land se beste klubrugbyspanne sal op Saterdag 9
Februarie die aarde onder hulle voete laat dreun wanneer hulle mekaar in die
Diamantstad die stryd aansê tydens Kimberley-rugbyklub se rugbydag by
Vleissentraal-park.

Pieter Streak, een van Kimberley-rugbyklub se afrigters,
voorspel dat vanjaar se rugbyseisoen op ’n hoë noot sal afskop.

Met ’n paar van die land se beste rugbyspanne wat op die dag
teen mekaar sal meeding kan besoekers rugby vanuit die boonste rakke verwag.

Spanne soos Bloemfontein se polisierugbyklub (laasjaar se
Vrystaat-klubkampioene), Roodepoort Rugbyklub (naaswenners van die Goue
Leeus-rugbyunie se Pirates Uitdaagreeks van 2018), Sishen-rugbyklub (wenners
van die Griekwas-superliga vir rugbyklubs), Kimberley-rugbyklub (naaswenners van
verledejaar se Griekwas-superliga vir rugbyklubs), Welkom Dorp-rugbyklub
(Griffons-klubkampioene), Bloem Collegians en Barbarians (’n span wat uit
oud-Griekwa-spelers en plaaslike talent van Kimberley bestaan) sal almal tydens
die rugbydag te siene wees.

Die rugbydag vind by Kimberley-rugbyklub se tuisveld by
Vleissentraal-park te Moorestraat 6 plaas.

Die hekke maak reeds om 11:00 oop en ingangsfooi beloop
slegs R20.00.

Die program is as volg:

)Om 12:45 pak Bloem Collegians die Barbarians van Kimberley.

)Bloemfontein se Polisierugbyklub pak Roodepoort-rugbyklub
om 14:22.

)Een van die hoogtepune vir plaaslike rugbyondersteuners sal
wees wanneer Kimberley-rugbyklub die manne van Welkom Dorp-rugbyklub aanvat.

)Laaste maar nie minste nie is daar ’n wedstryd tussen
Sishen-rugbyklub en Roodepoort-rugbyklub.

Daar is ook ’n biertent en DJ Ready T sal vir die vermaak
sorg.

Skakel Pieter Streak by 079 519 9225 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.