“Bejaardes maak saak” is die projek van die Vrouelandbouvereniging van Kaapland (VLVK) vir 2025. Die bestuur van die VLV Kuruman-tak het dié tema reeds in 2024 ter harte geneem en die pensioentrekkers in die tak op geskenksakkies, gevul met praktiese bruikbare artikels, vir Kersfees trakteer. Dit is baie goed ontvang en vele dankie-sê boodskappies is gestuur. Van die VLV-lede is deel van ’n groep wat elke Woensdag die bejaardes by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes buite in die tuin in hul rolstoele rondstoot. Sodoende kom hulle uit die kamers om vars lug en sonlig te geniet. Reik in dié feestyd uit

You need to be Logged In to leave a comment.