Ná die onlangse algemene verkiesing in Suid-Afrika, was die nuwe regeringstruktuur teen druktyd nog onbeslis.

Foto: Helena Barnard

Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering (NV) vind op Vrydag 14 Junie in Kaapstad plaas terwyl onderhandelinge vir ’n regering van nasionale eenheid (RNE) voortduur.

Dit kompliseer die onderhandelinge vir ’n RNE wat drasties versnel sal moet word om voor dán ’n ooreenkoms te beding, sê John Steenhuisen, leier van die DA.

Na afloop van die onlangse algemene verkiesing het politieke partye slegs 14 dae ná die publikasie van die uitslae in die Staatskoerant om oor die samestelling van die nuwe regeringstruktuur te besluit.

Intussen dui ’n peiling van die Brenthurst-stigting aan dat 40,2% van respondente ’n koalisieregering tussen die ANC en DA verkies, teenoor 19,5% wat samewerking tussen die ANC en MK wil sien. Onder ANC-ondersteuners is 37,4% ten gunste van samewerking met die DA eerder as MK (20,2%). Verreweg die meeste DA-ondersteuners (85%) meen ’n koaliseregering met die ANC is die beste keuse.

Gert van der Westhuizen, Ané van Zyl

You need to be Logged In to leave a comment.