Drie leerlinge aan die Hoërskool Duineveld in Upington het vanjaar vir die tweede keer aan die Radikale Redenaars se provinsiale kompetisie deelgeneem. Weens die staat van inperking moes Cornel Slabber, Albert Venter en Christiaan Venter ’n video van hul toesprake ingeskryf. Hulle het uitstekend gevaar.
Cornel het ’n A-simbool in die Afrikaans Moedertaal-afdeling verwerf. Albert is die provinsiale wenner in die Tweetalige toespraak-afdeling, met ’n A-simbool.
In First Additional Language is Christiaan saam met Johane Schon van die Hoërskool Noord-Kaap, A+ simbool, as provinsiale wenners gekroon. Christiaan is deur na die volgende uitdunne.
Die eindronde vind Oktober plaas.