Marelie Keuler met haar Afrika-rangskikking wat in die gevorderde afdeling die eerste plek behaal het.

Foto’s: Verskaf

Blommerangskikkers van die VLV Kuruman-tak het die gevorderde sowel as die beginner-afdeling tydens die onlangse VLV Sirkel Kalahari-konferensie gewen.

Dié konferensie het op 6 en 7 Maart in Reivilo plaasgevind, en blommerangskikkers het van 06:00 tot 08:00 op 7 Maart kans gehad om hul rangskikkings te voltooi. Vanjaar se tema was “Afrika”.

Marelie Keuler, wie al telkens die gevorderde afdeling gewen het, het vanjaar weer die eerste plek met 85% verower.

Madri Nieuwoudt het vir die eerste keer aan die blommerangskikking by ’n VLV-konferensie deelgeneem en het met ’n punt van 82% in haar afdeling gewen.

Madri Nieuwoudt met haar heel eerste konferensie-blommerangskikking. Sy het die eerste plek in die beginners-afdeling behaal.

Die derde plekke het ook aan die VLV Kuruman-tak behoort: Hettie du Plessis-Krüger was derde in die beginner-afdeling met 74%, en Carla Salim derde in die gevorderde afdeling met 76%.

Carla Salim met haar interpretasie van Afrika. Sy het die derde plek in die gevorderde afdeling behaal.

Hettie du Plessis-Krüger het op Afrika se volstruise met haar rangskikking gefokus. Sy het die derde plek in die beginners-afdeling behaal.

In hierdie afdelings het die VLV Vryburg-tak die tweede plekke behaal, met Carien van Niekerk met 76% in die beginner-afdeling, en Marietjie Steyn met 84% in die gevorderde afdeling.

Marietjie Steyn van Vryburg met haar rangskikking wat die tweede plek in die gevorderde afdeling behaal het. Haar kleredrag het ook die vintage-tema van die konferensie uitgebeeld.

Carien van Niekerk van Vryburg se rangskikking van proteas en ystervarkpenne is eie aan Afrika, waarvoor sy die tweede plek in die beginners-afdeling gewen het.

You need to be Logged In to leave a comment.