Die rugbyspanne van die ZF Mgcawu-subunie het Saterdag (04/06) in Upington kragte gemeet.
In die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion het die Sunwolves teen die Defence Force Collegians (DFC) uitgedraf, en te danke aan goeie hardlooprugby het DFC die telbord met ’n oorwinning van 82 – 0 laat kreun.
Daarna het Upington United en Kenhardt teen mekaar gespeel, en die tuisspan het Kenhardt met 33 – 23 geklop.
Oorkant die rivier, op Die Eiland, het Upington Dorp die span van Kakamas verwelkom. Die besoekers was eerste om agter die kalklyn te draai, maar Dorp kon teen die einde ’n sege van 20 – 17 vier.


