Met ’n onlangse besoek aan die Mokala- Nasionale Park, ongeveer 80 km buite Kimberley, was die spreekwoordelike ark by die Stofdam-uitkykpunt oop, laat weet Leon Venter. “Afgesien van die grootwild wat kom water drink het, kon ek met foto’s onder die melbas, sysies, streepkoppe, tiptolle, vuurvinke, houtkappers en meer baljaar,” skryf hy. Dié blousysie, ’n opvallende kleinvoëlsoort, was een van dié wat kleur aan die laatwinterlandskap verleen het – so asof reeds in lentekleure getooi.

Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article