Hierdie pizza-muffins is heerlik en vinnig om te maak.

Foto: Weg-tydskrif Credit: Helena Barnard

Pizza-muffins

Bestanddele

2 koppies blomkool of aartappel, gekap

1 koppie cheddarkaas, gerasper

8 eiers

½ koppie maaskaas

½ teelepel bakpoeier

¼ koppie soetrissie, gekap

8 eetlepels pizzasous of tamatiesmoor

½ teelepel sout

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan met 12 holtes met botter, of sit ’n papierdoppie in elke holte.

Laat stoom die blomkool of aartappel vyf minute lank – dit moet gaar en ferm wees. Dit kan ook twee minute lank in die mikrogolfoond gesit word. Verdeel dit saam met die helfte van die gerasperde kaas tussen die muffinholtes.

Meng die eiers, maaskaas, bakpoeier, soetrissie, pizzasous en sout saam en verdeel dit ook tussen die holtes, en eindig met die res van die kaas. 

Bak 20 minute lank tot net gestol en gepof en goudbruin – dit moenie droog bak nie.

Laat dit vyf minute lank in die pan afkoel.

Sit dadelik voor of laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit in ’n lugdigte houer pak. 

Aletta Lintvelt, Weg

You need to be Logged In to leave a comment.