Die seunstennisspelers is van links Lihann Nieuwoudt, Dian Kapp, Lemley Mulder, Bendré Engelbrecht en Hurter Kirstein. Foto’s: Verskaf


  • Die Hoërskool Upington se eerste vyf seuns- en meisiestennispelers het op 20 Oktober aan die Diamantveld-uitdaagtoernooi in Kimberley deelgeneem en as volg gevaar: Die seunspan het teen Potchefstroom Gimnasium (14-3) en teen Curro Kathu (15-3) verloor.
  • Hulle het oortuigend teen Lichtenburg (15-3), Duineveld (15-2) en die Hoërskool Kroonstad (12-0) gewen. Hulle eindig algeheel vyfde uit agt skole. Die meisies het hulle baie goed van hul taak gekwyt deur vir Potchefstroom Gimnasium (11-1) en Lichtenburg te klop (11-1).

Daarna moes hul egter die knie buig teen ’n baie sterk span van die Meisieskool Oranje.

Hulle het die Hoërskool Kroonstad (11-1) oorwin, maar het teen Diamantveld (1-11) verloor. Daarna het hulle oortuigend teen Duineveld gewen (14-3). Met hierdie sege eindig hulle algeheel derde uit tien skole.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article