Griekwas het ’n rustyd-agterstand van 0 – 13 uitgewis om die Westelike Provinsie met 32 – 13 te klop in hul Curriebeker-wedstryd in die Kaapstad-stadion Saterdag (01/04).
Die was die Poubloues se vyfde oorwinning, agtereenvolgens, oor die Streeptruie en een wat hulle ruim verdien ná algehele oorheersing van die tweede helfte.
In die eerste helfte het akkuraatheid aan die Griekwas se spel ontbreek en die WP het die paar geleenthede benut wat na sy kant gekom het.
Griekwas het hulself egter afgestof en die wedstryd met ’n blitzkrieg in die 15 minute ná rustyd op sy kop gekeer.
Hul volgende Curriebeker-wedstryd is Vrydag (07/04) teen die Blou Bulle.
Puntemakers vir Griekwas: Drieë – Eddie Fouché, Reagen Oranje, Jay-Cee Nel, Derik Pretorius. Doelskoppe – George Whitehead (3). Strafdoele – Whitehead (2).

