Die Griekwas is weer op die wenpad in die Curriebeker-reeks nadat die span die Griffons op Sondag 18 Augustus in Welkom geklop het. Die Poubloues het nege drieë gedruk om met 59 – 7 te wen. Dit is hul tweede oorwinning in sewe wedstryde in vanjaar se reeks.

Die Griekwas beklee steeds die voorlaaste plek op die puntelys, met die segelose Griffons wat laaste is.

Die Griekwas meet Vrydag kragte met die Blou Bulle op Loftus Versfeld.

Marnus Kok

You need to be Logged In to leave a comment.