“It’s a strange, strange world we live in, Master Jack,” lui die lirieke van die bekende liedjie.

Dekades gelede was ’n vreemde wêreld hierdie liedjieskrywer se inspirasie. Vandag is dit steeds ’n vreemde wêreld waarin ons leef.

Dit is veral ouer mense wat jou vertel hoe die wêreld van vandag verskil van toe hulle grootgeword het.

Die geslag voor hulle het dieselfde gedoen.

Ons kan aanvaar dat die volgende geslag dit ook so gaan ervaar.

Dinge waarvan ons nie eens kon droom nie, is vandag aan die orde van die dag.

Dinge waaroor daar dekades gelede agter ’n bakhand gefluister is, word vandag luidkeels oor gepraat.

Mense se vreemde gebruike en voorkeure word in die publiek ’n plek gegee.

Daar bestaan nou regte en voorregte wat voorheen die wenkbroue sou laat lig.

Die mens is ’n aanpasbare wese. Wie die vinnigste aanpas, het waarskynlik die grootste kans op oorlewing.

Dit wat nou ongemak veroorsaak, word oor ’n tydperk as normaal aanvaar. Dit is waaraan ons gewoond is. Die nuwe normaal. En die nuwe normaal bly verander. En mense bly aanpas.

Die feit dat mense nie met alles saamstem wat in die wêreld aangaan nie, stuit nie die wêreld om vreemder en vreemder te raak nie.

Oor ’n paar dekades van nou af gaan mense steeds na mekaar kyk en sê: “It’s a strange, strange world we live in, Master Jack.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article