“Daar is min dinge so frustrerend vir ’n werkgewer soos ’n goeie werknemer,” sê hy.

Ek sluk. Ek het myself altyd as ’n goeie werknemer beskou – maar beslis nie as ’n frustrasie vir ’n werkgewer nie.

“Jy sal asseblief moet verduidelik,” vra ek verward.

Hy glimlag en sê: ’n Goeie werknemer doen goeie werk. Nie uitsonderlike werk nie. Ook nie slegte werk nie.

Hierdie soort werknemers voeg nie daadwerklik waarde tot die werkgewer se omgewing of die groei van die maatskappy toe nie, maar hul werk is van so ’n aard dat ’n werkgewer nie maklik van hulle kan ontslae raak nie.

’n Slegte werknemer is lui en onverantwoordelik. Van hulle kan daar ontslae geraak word. Of hulle werk hulleself uit.

’n Uitstekende werknemer kan jy op staatmaak.

Hulle is gewoonlik die soort werknemers wat meer en meer hooi op hul vurk kry en wat baie waarde tot die maatskappy toevoeg.

Hulle werk hulleself nie uit nie en die werkgewer wil beslis nie van hulle ontslae raak nie.

Die werkgewer verloor hulle gewoonlik wanneer hulle elders ’n beter pakket aangebied word.

Ek dink ’n oomblik oor sy verduideliking na.

Die drie soorte werknemers is logies, en sy idee van ’n goeie werknemer teenoor ’n uitstekende werknemer maak sin.

Daar is sekerlik grensgevalle tussen goeie en slegte werknemers wat dit vir ’n werkgewer ingewikkeld kan maak.

Watter soort werknemer is jy?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article