Soms tree mense op ’n spesifieke manier op, of sê spesifieke goed, met die oog daarop om ander mense in die verleentheid te stel of te frustreer.

Hoe hulle so ’n optrede regverdig, sal net hulle weet.

As ’n mens met aandag luister na wat iemand sê, val sekere goed jou op.

Dit wat hier gesê word, sê meer van die een wat die stelling maak as van die een waarvan gepraat word.

“My ma het vir my gesê sy wou my nie hê nie,” sê iemand.

Die skade is gedoen, maar dit sê beslis iets van hierdie betrokke ma.

Dit sê niks van hierdie kind nie.

Sommige mense wil graag die aandag op hulle gevestig hê en terselfdertyd net in ’n goeie lig gesien word.

Hul redenasie is dat hulle ander mense sleg laat voorkom wanneer hulle verneder word of gefrustreerd raak.

Hierdie redenasie is egter ver van die waarheid af.

Diegene wat belangrik wil voorkom deur ander mense in ’n slegte lig te stel, mis die hele punt.

Sodoende stel hulle hulself in slegte lig.

Al wat dit van hulle sê, is dat hulle kinderagtig of onprofessi­oneel is.

Watter soort mens voel beter as hulle ander mense slegter laat voel?

Aan die mense wat so graag kritiseer en pakslae uitdeel: Kom vir ’n oomblik tot stilstand en wonder hoe dit jouself daar laat uitsien.

You need to be Logged In to leave a comment.