Sedert die grendeltyd het die lewe in die algemeen drasties verander. Nie net in ons eie land nie, maar wêreldwyd.

Mense kry swaar. Baie besighede se deure het gesluit. Ander het afgeskaal.

Baie mense het hul werk verloor. Diegene wat nie hul werk verloor het nie, voel die geweldige verhoging in pryse van algemene verbruiksartikels soos kruideniersware en brandstof aan hul beursie.

Die gevolge van rentekoers­verhogings het hartverskeurende gevolge.

Dit is verstaanbaar dat mense na-ure inspring en hand aan die ploeg slaan. Enige iets wat kan help om ’n geldjie in te bring en spanning te help verlig.

Baie beroepe word ongelukkig deur die gebruik van raserige gereedskap gekenmerk. Daar word gekap. Geskaaf. Geboor. Gekram. Geskuur. Soms op onmoontlike ure.

Die gemiddelde bure verstaan die verknorsing waarin mense verkeer. Wat die gemiddelde bure nie verstaan nie, is waarom dit van Vrydagnag tot Sondagmiddag onophoudelik moet voortduur. Iewers moet stilte respekteer word.

Mense kry swaar. Mense verstaan dit. Hulle het selfs simpatie daarmee.

Maar uiteindelik moet die simpatieke mense met die nimmereindigende geskaaf en gekap in gedagte gehou word.

Die gemiddelde bure besef hoe die wêreld vandag daar uitsien.

Ongeag daarvan smag die gemiddelde bure iewers na ’n tikkie stilte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article