photo of people holding each other s hands
Ter illustrasie Credit: Fauxels / pexels.com

“Ek wens sy wil net haar deel doen en reg doen,” kla sy en skud haar kop.

Die meeste beroepe werk op die beginsel van ‘n monteerband. Dit is minder algemeen dat jy alleen die werk doen en ‘n resultaat moet lewer.

Daar is iemand wat inligting versamel en dit aan iemand anders moet gee om hul deel van die werk te doen. Daar is een wat ‘n banktransaksie laai en iemand anders wat dit moet goedkeur. Daar is mense wat rekeninge betaal en iemand anders wat die liassering doen. Daar is ‘n magdom van inligting wat hande verwissel.

As iemand finansiële state opstel, is daar agter hierdie bladsye vol syfers ‘n reeks interaksies, kommunikasie en werk wat deur ‘n verskeidenheid mense verrig is.

As ons na verskillende bedrywe kyk, werk dit soos ‘n monteerband. Iemand bestel ‘n produk. Dit word vervoer en afgelaai. Dit word in ‘n pakkamer gebêre; op ‘n stelsel ingevoer; op ‘n rak gepak. Dit word van die rak afgehaal en gekoop. Daar vind ‘n verkooptransaksie plaas. Die produk word verpak en van die perseel verwyder.

‘n Geweldige frustrasie ontstaan wanneer almal nie hul deel betyds doen of goed doen nie.

Die take wat verrig word by ‘n voertuig op ‘n monteerband is nie almal ewe ingewikkeld nie. Dit is wel almal belangrik. As al die dele nie reg en stewig aanmekaargesit is nie, gaan daar negatiewe gevolge wees.

Mense sien nie altyd die groter prentjie nie. As hulle dit wat hulle moet doen, betyds en goed doen, gaan die eindproduk soveel beter wees. En diegene om hulle gaan baie minder frustrasie ervaar.

  • Lees nog rubrieke hier.

You need to be Logged In to leave a comment.