Potpourri: Onthou leef voort

’n Skoolreünie is een van daardie kosbaarhede wat herinneringe laat voortleef. Daar word staaltjies uitgeruil oor dinge wat op skool gebeur het, hetsy goed of sleg. Medeleerlinge word onthou; so ook die personeel.


’n Skoolreünie is een van daardie kosbaarhede wat herinneringe laat voortleef. Daar word staaltjies uitgeruil oor dinge wat op skool gebeur het, hetsy goed of sleg. Medeleerlinge word onthou; so ook die personeel.

Die meeste reünies word elke tien jaar gehou en deur ’n spesifieke patroon gekenmerk.

Op die eerste reünie het die meeste oudleerlinge klaar studeer en is hulle volstoom besig met werk. Baie van hulle is getroud en baie het al kleingoed. Van hulle is in die buiteland.

Op die tweede reünie is die meeste steeds hard aan die werk. Daar is diegene wat nog nie rigting gekry het nie en sommiges wat die pad effens byster geraak het. Kinders is nou al groter.

Op die derde reünie word hier en daar van egskeidings vertel. Die kinders is nou al self op hoërskool, besig om te studeer of reeds uit die huis.

Teen die vierde reünie word teruggekyk op 40 jaar wat sedert matriek verbygeglip het. Hier wissel dit van egpare wat klein kinders het, tot egpare wat kleinkinders het.

Op die vyfde reünie raak die bywoning drasties minder. Oudleerlinge en onderwysers wat nie meer daar is nie, word onthou.

Daar word gesê dat elkeen twee keer sterf – die eerste keer wanneer hy sy laaste asem uitblaas, en die tweede keer wanneer daar nie meer oor hom gepraat word nie.

Dankie aan almal wat moeite doen om, deur middel van reünies, herinneringe te laat voortleef.

You need to be Logged In to leave a comment.