Mense verskil. Soveel verskillende mense. Verskillende dinge. Verskillende stories.

Een ding wat ons in gemeen het, is herinneringe. Ons almal het herinneringe – goeies, sowel as slegtes.

Uiteindelik is dit herinneringe wat die pad van die begin tot die einde saam met ons stap.

Aan die einde van ons lewe is dit dalk die enigste ding wat by ons gaan wees.

Wanneer ons gesondheid dalk nie meer goed is nie en die mense na aan ons nie meer daar is nie, dan gaan ons aan ons goeie herinneringe vasklou.

Ons versamel nie net herinneringe nie, ons vorm deel van ander mense se herinneringe – goed of sleg.

Soos wat ons aan goeie herinneringe met mense vasklou en die slegte herinneringe wil vermy, so beleef ander mense ons ook.

Dit wat jy nou op jou lewenspad doen, die interaksie wat jy met ander mense het, dit is herinneringe wat hulle aan die einde van hul lewe gaan saamdra.

Ons almal wil graag deel van goeie herinneringe wees. Menslik gesproke is dit ongelukkig nie moontlik nie.

Wanneer ons nie meer hier op aarde is nie, gaan ons waarskynlik deur mense onthou word. Ons hoop dit gaan goeie goed wees wat gesê gaan word.

Hopelik gaan die goeie herinneringe die slegtes eenkant toe skuif.

Ons leef voort in ander mense se herinneringe.

Hoe gaan jy onthou word?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article