pexels-photo-31009219.jpeg
Ter illustrasie Foto: Beyza Ç. / pexels.com

Depressie is by diegene wat werklik daaraan ly, gewoonlik nie ooglopend opmerklik nie.

Dit is gewoonlik die mense wat altyd vriendelik en bedagsaam is. Dit is gewoonlik mense wat lyk asof hulle sorgeloos deur die lewe gaan.

Hulle sal dit hier en daar teenoor ‘n getroue vriend of familielid erken, maar wat die wêreld om hulle betref, is daar nie ‘n probleem nie.

Diegene wat almal graag wil oortuig dat hulle aan depressie ly, is gewoonlik die mense wat hulleself meer jammer kry as wat hulle in werklikheid aan depressie ly. ‘n Groot deel van hul tyd word deurgebring om ander te oorreed om hulle jammer te kry.

Dieselfde geld vir mense wat slagoffers van emosionele mishandeling is. Hulle is gewoonlik diegene wat met empatie ‘n poging aanwend om waarde tot die wêreld toe te voeg. Hulle bestee byna geen tyd daaraan om ander te oortuig dat hulle slagoffers is nie. Jy sal nooit hoor dat hulle hulleself jammer kry of verwag ander moet hulle jammer kry nie.

Die frustrasie is dus grensloos as iemand jou probeer oortuig dat hulle depressie het of dat hulle ‘n slagoffer van emosionele mishandeling is. As jy werklik die berg met jou saamdra, is dit iets waaroor jy normaalweg swyg.

Wanneer iemand op koop loop met die feit dat hulle emosioneel mishandel is, is dit dalk eerder ‘n geval van ‘n brose ego wat effens gekneus is.

Hierdie persoon voel dalk hulle moes beter behandel word, selfs op die hande gedra word. Die feit dat hulle nie hul sin gekry het nie steek hulle dwars in die krop. Die hele wêreld moet weet hulle is ongelukkig. En die hele wêreld moet hulle jammer kry.

Vir diegene wat mense hiervan probeer oortuig: Jy sal verbaas wees om te weet dat mense nie heeltemal onnosel is nie.

Lees nog rubrieke hier.

You need to be Logged In to leave a comment.