Raadslede se agterstallige skuld, onbillike grondbelasting en ’n funksionele openbare-rekeninge-komitee is kritieke elemente wat by die finansiële herstelplan van die Tokologo-munisipaliteit (Dealesville, Boshoff en Hertzogville) ingesluit moet word, sê Willie Weich, ’n VF Plus-raadslid. Tokologo is onder ingryping, wat ’n ekonomiese herstelplan insluit.

“Die plan sal net suksesvol wees as daar die politieke wil is om agterstallige Eskom-skuld van R208 miljoen en waterskuld van R62 miljoen te betaal,” sê Weich.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article