Police band on crime scene
Police are investigating inquest dockets into the deaths of the three occupants. PHOTO: Archive

Die herroeping van die opdrag aan polisielede in die Noord-Kaap om verklarings van misdaadslagoffers slegs in Engels af te neem, is verwelkom.

Volgens Lisa Schickerling, LP en DA-adjunkwoordvoerder van polisie, is ‘n skrywe op 20 Maart vanaf die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl, Koliswa Otola, ontvang waarin erken is dat dié foutiewe opdrag teenstrydig is met ‘n vorige bevel van die hooggeregshof in Kimberley. Otola het verklaar dat dié opdrag onmiddellik herroep is nadat dit onder haar aandag gebring is.

Schickerling sê die party waardeer die dringendheid waarmee Otola dié saak hanteer het, aangesien so ‘n opdrag die moontlikheid inhou om slagoffers se regte aansienlik te skend

Volgens Sensus 2022 is Afrikaans die eerste taal van sowat 54% van die Noord-Kaapse bevolking, met Tswana die eerste taal van 35,7%, met Engels die eerste taal van net 2,4% van die Noord-Kaapse bevolking.

Die polisie het voorheen ‘n regstryd in die gesig gestaar oor ‘n soortgelyke omstrede opdrag wat in 2016 in die Noord-Kaap uitgereik is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article