Destiny House in Kimberley benodig skenkings van kruideniersware met ’n lang rakleeftyd, maar ook enige vars groente, vrugte, vleis en skoonmaakmiddels, asook weggooidoeke – veral nommer 5- en nommer 6-broekdoeke.
Dié tydelike plek van veiligheid vir babas en kleuters wat kragtens ’n hofbevel van hul ouers weggeneem is, benodig ook bydraes om eenhede vir die voorafbetaalde-elektrisiteitsmeter te koop. Destiny House is algeheel van skenkings afhanklik.
Die huis is by Schmidtsdriftweg 21B in Kimberley geleë.
Bel Leza Graaff by 083-697-9484 of Charné Bennett by 072-515-5693 om meer uit te vind, of om die afhaal van skenkings te reël.

