Navorsers in Japan het bevind dat daar klein deeltjies plastiek in wolke is en dat dit moontlik die klimaat op maniere beïnvloed wat nog nie ten volle verstaan word nie.
Vir ’n studie wat in Environmental Chemistry Letters publiseer is, het wetenskaplikes die berg Foedji en die berg Omaja uitgeklim om water van mis rondom die pieke te versamel.
Die span het nege verskillende soorte polimere en ’n soort rubber in die mikroplastiek ontdek wat in die lug gesweef het, wat van 7,1 tot 94,6 mikrometer in grootte gewissel het. Elke liter wolkwater het tussen 6,7 en 13,9 plastiekdeeltjies bevat.
’n Navorser sê wanneer mikroplastiek die boonste atmosfeer bereik en aan ultraviolet- (UV) bestraling blootgestel word, ontbind dit en dra dit tot kweekhuisgasse by.
Mikroplastiek is voorheen binne visse in die diepste dele van die oseaan gevind. Boonop is daar ontluikende bewyse wat mikroplastiek aan swak gesondheid koppel.


