Sanparke

‘n Jakkals in die Mokala- Nasionale Park.

Beplan solank aan ’n dagbesoek na onder meer die Mokala- Nasionale Park buite Kimberley, of die Augrabies- Nasionale Park naby Kakamas, want Sanparke se jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-week is van Sondag (11/09) tot Vrydag 16 September.

Gedurende hierdie week sal dagbesoekers, wat Suid-Afrikaanse burgers is, gratis toegang tot die meeste van die 22 nasionale parke kry. 

Dit sluit nie gratis toegang tot verblyf­geriewe en ander toeriste-aktiwiteite in nie. Sommige parke sal die gratis toegang verleng om die naweek van 17 en 18 September in te sluit. 

Ander nasionale parke in die Noord-Kaap wat dagbesoekers ook in hierdie week gratis kan besoek, is die Kgalagadi-oorgrenspark en die Ai-Ais Richtersveld-oorgrenspark. 

 Dit is die 17de jaar dat Suid-Afrikaners gratis toegang tot die land se nasionale parke kan kry. 

Hapiloe Sello, waarnemende hoof van Sanparke, sê die week is ingestel om ’n trots in Suid-Afrika se natuurlike, kulturele en historiese erfenis te kweek wat deur ’n stelsel van nasionale parke beskerm word.

Besoek Sanparke se webblad vir meer inligting oor die individuele parke.

Netwerk24

Sanparke

‘n Dassie in die Augrabies- Nasionale Park.

Sanparke

‘n Buffel in die Mokala- Nasionale Park.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article