Padsterftes hoër as vorige jaar

Sewe provinsies het in die afgelope feestyd ’n toename in padsterftes aangeteken, insluitend die Noord-Kaap.


Sewe provinsies het in die afgelope feestyd ’n toename in padsterftes aangeteken, insluitend die Noord-Kaap.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag (18/01) aangekondig altesaam 1 685 mense het in die feestyd (1 Desember 2021 tot 11 Januarie 2022) op die land se paaie gesterf. Verlede jaar oor dieselfde tyd is 1 448 mense op die paaie dood.

Mbalula sê wat kommerwekkend is, is dat meer noodlottige sterftes per ongeluk aangeteken is as in die verlede.

“Die syfers is ’n aanduiding dat baie voertuie wat in noodlottige ongelukke betrokke was ’n groot aantal insittendes gehad het. Ongelukke het veral op Vrydae, Saterdae en Sondae tussen 17:00 en 19:00 gebeur.”

Hy sê ligte motorvoertuie was by die meeste ongelukke betrokke (49%), gevolg deur ligte afleweringsvoertuie (17%), minibustaxi’s (8%) en vragmotors (6%).

– Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.