Die onlangse reën in April het ook die Rooifontein-wildsplaas by Kimberley in ’n lushof omskep. Groen grasvlaktes strek so ver soos die oog kan sien, en ’n mens kan byna vergeet dat dit reeds herfs is. Dié sebras, van groot na klein, is deel van ’n groot trop wat die groen gras geniet. Elke sebra se strepe is uniek. Nie net ken sebras mekaar uit met behulp van die strepe (en ook reuk) nie