Vervolg vanaf bl. 1:
Dit is toe dat opposisieraadslede besef Shwababa, wat reeds bedank het, het nie die bevoegdheid gehad om die vergadering te belê of konstitueer nie.
Martin White, ANC-sweep en hoofsweep, het erken die vergadering was onprosessueel.
Isaac Ruiter, ’n ANC-raadslid, het versoek dat hulle steeds voortgaan en ’n waarnemende speaker aanwys.
’n Hewige debat het ontstaan of die vergadering en die besluite, asook die beëdiging van Bartlett en Peters, ongeldig is.
Raadslede het op mekaar gegil, terwyl Matlala ook sy stem verhef het om orde te probeer handhaaf.
Die opposisiepartye het uit die raadsaal gestap. Matlala het hardop gewonder of daar ’n kworum is.
Die EFF-raadslede het al singende teruggekeer, waarna oorblywende raadslede besluit het om ’n vergadering vir Dinsdag 3 Desember te roep, waarop Santa Johnson van Good as waarnemende speaker sal optree. Opposisiepartye beplan om dié besluit ook teen te staan weens die onwetlikheid van die raadsvergadering.
Maandag laatmiddag is dit bekend gemaak dat ’n spesiale raadsvergadering vir Donderdag om 10:00 geskeduleer is.

