Die storie is vertel van groot drake wat lank, lank gelede in die Karoo – ook soos hier in die Williston-omgewing – gebly het. Dié drake was glo gaande oor roosterbrood, maar omdat hulle nie so goed met hul temperatuurbeheer was nie, het hulle gereeld hul roosterbrood verbrand wanneer hulle vuur gespoeg het. Dié swart rotse is glo die erg verbrande krummels wat die drake van hul roosterbrood afgekrap het. Soms, wanneer ’n mens deur die Karoo ry, sien jy nog die silhoeët van so ’n draak waar hy plat in die aarde lê en slaap, met sy ruggraatwerwels soos die kruin van bergspitse. Glo hierdie storie – of nie – maar glo Ralph Waldo Emerson toe hy geskryf het: “The landscape belongs to the person who looks at it,” en Gérald Caussé wat geskryf het: “Don’t look for new landscapes, use new eyes to see what is already there.”

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article