Daar is volgens ’n kenner nie genoeg sonneblomolie in die wêreld om in Europa se vraag daarna oor die volgende klompie maande te voorsien nie. Foto: Unsplash


Die voorraad van byna alle soorte eetbare olie, soos soja- en sonneblomolie, is wêreldwyd drasties laag.

Volgens die oliekenner Thomas Mielke, hoof van Oil World met sy hoofkantoor in Duitsland, raak Rusland se inval in Oekraïne veral die beskikbaarheid van sonneblomolie wat van die Swartsee-omgewing ingevoer word.

Mielke het vandeesweek op ’n seminaar van die Suid-Afrikaanse Willowton-groep gepraat. Dié groep lewer produkte soos Sunfoil- en Crown-­kookolie en Sunshine-margarien.

Oekraïne is die wêreld se grootste uitvoerder van sonne­blom­olie, en is verant­woordelik vir 46% van dié olie se vervaar­diging. Die naasgrootste vervaar­diger is Rusland, wat in 23% van die wêreld se vraag voorsien.

Mielke sê vooruitskattings wys boonop dat die wêreld sowat 5 miljoen ton minder oliesade in die 2021-’22-siklus as voorheen gaan produseer. Dit sluit tien soorte olieproduserende plante soos sonneblom in.


Liana Mocke

You need to be Logged In to leave a comment.