Neels Coertse van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GSSA) kon onlangs die Goue Banier-eerbewys aan die Ekapa-mynmaatskappy in Kimberley ter ere van hul bewaringswerk oorhandig.
Die oorkonde is aan Howard Marsden, mynbestuurder, oorhandig nadat die mynmaatskappy die Du Toitspan-begraafplaas ’n paar jaar gelede skoongemaak en opgeknap het en steeds onderhou. Die munisipale begraafplaas is op die mynterrein geleë. Die mynmaatskappy het destyds kenners ingeroep om navorsing te doen. Werkers het gras en bome gesny, grafstene skoongemaak, grond bo-op grafstene uitgesuig en ou paadjies hernuwe en met wit klippe uitgelê.
Coertse sê begraafplase is saam met kerkregisters en familiebybels hoog op die lys van genealogiese hulpbronne.¦ Lees die volledige storie op netwerk24.com/netwerk24/za/noordkaapbulletin


